Wiskunde is Supercool

R120.00

Gratis getekende plakkaat saam met elke cd!!

Nedine Blom en CAMI Education stel bekend “Wiskunde is Supercool” Cd.  Die cd gemik op kinders tussen die ouderdom van 2 en 13 en opvoedkundige konsepte waarmee kinders van tyd tot tyd uitdagings ervaar.

“Ek en Sarie Vorster van CAMI het spesifiek ge breinstorm oor die temas waarmee kinders sukkel. Konsepte soos tyd, die uitkeer van kleingeld, breuke, tafels ensomeer.  Chrizanda du Preez, ‘n onderwyseres en opvoedkundige ghuru, het my verder bygestaan in die konsepsualisering van liedjies soos “Breuke” en “Tyd”.  Dit was ‘n leersame wonderlike ervaring om hierdie cd aanmekaar te weef en ek het seker gemaak die opvoedkundige konsepte sing gemaklik en lekker en is interessant verpak om die aandag van kinders te hou. Ek is baie opgewonde en glo dat hierdie cd ‘n verskil gaan maak in duisende kinders (en onderwysers) se lewens.

Liedjies sluit in:

“Wiskunde is Supercool” (Soos gesien op kykNET Jukebox”

“Is jy lus vir bak” (meting, volume)

“Vorms”

“Kleure” (Primere, sekondere en tersiere kleure)

“Planete”

“Breuke”

“CAMI Cool”

“Emosies”

“Tel in twee’s en twee maal tafel”

“Tel in drie’s en drie maal tafel”

 

Reviews

  1. Nedine, my oudste (Jacob, vir wie ek die cd koop) hou nie van wiskunde nie, maar hy hou vreeslik baie van motors en alles wat mooi is. Wiskunde het vir my ‘n saak van gebed geraak vir hom! Ek glo dat wat jy spreek sal gebeur. Hy het ongelukkig net dood oor sy eie wiskunde gespreek, van hoe hy dit haat, hoe hy dit nie kan en wil doen nie. Toe hy Wiskunde is Supercool op die internet opspoor het ek gejuig saam met hom! Want ewe skielik spreek hy nou lewe oor sy Wiskunde, omdat hy saam met jou sing. Well done aan jou en CAMI!
    Ek het nou met die aankoop van die cd eers die “verduideliking” agter die cd gelees. Knap gedaan!

  2. ps: Gwendoline Kriek – Malmesbury

  3. Hallo: Ek gee skool by ‘n klein plaasskool op Herold in die Langkloof, Wes Kaap.

    Ons is multigraad en ek onderrig gr 1 tot 3 in een klas. Ons het nie Cami nie, maar ek stel steeds belang in die CD. Hoe werk die aflewering? Ons skool is op ‘n plaas en daar is net gedurende skooltyd personeel op die perseel.

    Hoor graag van julle.

    Baie dankie.

    DeidreTruter

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *