Nedine Blom
Met ‘n hart vir mense en musiek, betower Nedine Blom se liedjies daagliks mense regoor Suid-Afrika. Sy is gek oor biltong en braaivleis en is ‘n groot droom bewaarheid toe sy twee jaar in ‘n ry Suid Afrikaanse musiek toekennings ontvang het vir haar Afrikaanse kindermusiek Cd’s “SUPERCOOL”.
Die strelende klanke wat te hore is op “My inspirasie vir my vriendin” stel ‘n ander sy van hierdie veelsydige sanger ten toon en herinner mens aan gesmelte botter en suiker. Sy lewer onder andere ‘n passievolle vertolking van die immergroen Andrew Lloyd Webber treffer “Don’t cry for me Argentina” en vertel sy haar vriendinne hoe haar hart klop in die liedjie “My inspirasie”. Vir die ideale moedersdag of verjaarsdag geskenk, koop nou jou “My inspirasie CD” – Afrikaanse musiek met kwaliteit.
Vir die fynproewers oor wat hou van sagter klanke, is daar Nedine se CD “Veer” wat bestaan uit 10 oorspronklike liedjies uit Nedine se pen wat insluit “Raaisels”, “Wegkomkans” asook die sielvolle verwerking van “Danny Boy” en die Carlos Jobim treffer “Dindi”.
Vir die jongspan is daar ‘n verskeidenheid van 5 Supercool CD’s en DVD’s om uit te kies en keur. Afrikaanse kindermusiek wat elke kinderhart vinniger sal laat klop! Die DVD’s bestaan ook uit KARAOKE liedjes, waartydens oud en jonk saam kan sing en dans terwyl hul die liedjes kyk en luister. Supercool vir Jesus werk ook uitstekend vir Selgroep musiek en Nedine se lof en aanbiddings Cd “Passie vir worship” weer vir Volwasse lof en aanbidding.
Luister, Kyk en Koop vandag nog jou gunsteling CD of DVD van Nedine Blom!
